Skalie

Skalie
Subklas vanklastiese gesteente, sedimentêre skisWysig
Swart skalie. (Kansas City, MO; VS)

'n Skalie is 'n sedimetêre gesteente wat maklik in dun lae breek. Dit het deur konsolidasie, soos sementasie of samedrukking van modder en klei ontstaan en bevat 'n redelike hoeveelheid kleiminerale en detritale kwarts.[1][2] Swart skalie bevat organiese materiale en dit kan ontbind tot gas of aardolie. Dit maak swart skalie tot 'n belangrike bron van hierdie fossiele brandstowwe. Ander skalies kan rooi, groen, bruin of grys van kleur wees. Indien hulle gemaal en met water gemeng word, lewer hulle klei waarvan aardewerk vervaardig kan word.[3]

Indien skalie aan hoë druk en temperatuur blootgestel word, kan hieruit metamorfiese skiste ontstaan.

  1. Soils.org.za.
  2. Blatt, Harvey and Robert J. Tracy (1996) Petrology: Igneous, Sedimentary and Metamorphic, 2nd ed., Freeman, pp. 281–292 ISBN 0-7167-2438-3
  3. "Geology.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search